ID: PB1

Pondtjie Botter

1 Bedrooms
Sleeps 2
1 Bathrooms

Description:

Gedurende 1938 ontstaan die dorpie Agulhas en ‘n hele paar permanente inwoners maak hulle tuis in die omgewing van die vuurtoring. Om by Pondjie Botter uit te kom, moet ons die kalender terugdraai na die 1950s toe Agulhas ‘n 9 putjie golfbaan gehad het vir sy inwoners. Hierdie golfbaan en die rustigheid van die omgewing het mense uit die eertydse Rhodesië getrek om erwe te koop. Rondom 1959 ryloop ‘n dame, Martha Gilphillyn, uit Rhodesië en kom op Agulhas aan met bewyse dat haar pa aan haar ‘n stukkie grond bemaak het. Dirkie Kleinschmidt, die destydse factotum van die Afdelingsraad, moes onder andere erwe uitwys aan nuwe eienaars en ook water aansluitings na die nuwe erwe laat aanlê. Dis dan ook aan Dirkie se deur wat die dame kom klop en na ‘n groot soektog is die presiese erf opgespoor. Erf 931 Agulhas. Omdat Martha niks gehad het nie, help Oom Wynand Wessels, ‘n boukontrakteur, haar met boumateriaal en helpers om die erf skoon te maak en die geboutjie op te rig. Die destydse skeiding tussen Agulhas en Struisbaai was in die omgewing waar Hoofweg Struisbaai huidiglik in Marineweg verander. Hier was ‘n grensdraad en plaashek. Die erf het besigheidsregte opgehad en Martha Gilphillyn bou ‘n dubbelverdieping met winkelspasie onder en woonspasie bo -op. Die winkeltjie verkoop onder andere hoeke en sinkers. In hierdie vroëer jare het Vermeulen Transport die kontrak gehad om goedere aan te ry tussen Bredasdorp en die Agulhas Vuurtoring. Die oopbak lorrie het nie net meubels, kruideniersware, boumateriaal en wat ook al vervoer nie, maar ook die skoolkinders wat Sondae Bredasdorp koshuis toe is en Vrydae teruggebring is Agulhas toe. Dit is op een van hierdie ritte, verby die eensame regop, geel huisie, dat tussen die Auret, Vermeulen, Kleinschmidt, Sweetie, Kuwassie- en van Zyl-kinders, die naam Pondjie Botter uitgedink is. Op ‘n goeie dag in 1964, onthou Sarel Vermeulen, hoe sy pa by Pondjie Botter gestop het om ‘n jongman, wat by die huisie gestaan het, se meubels af te laai. Hierdie jongman was Carl Lohann van Potchefstroom wat die huisie by Martha Gillphillyn gekoop het vir R800, om as ‘n vakansiehuis te gebruik. Tannie Clarise Lohann onthou hoe hulle van 1964 af in Pondjie Botter vakansie gehou het en dat dit soos die Groot Trek gelyk het van Potchefstroom na Agulhas, met 13 blikke koekies, 2 klein kindertjies en ook amper die kombuiswasbak … Volgens Tannie Clarise was hulle bewus daaarvan dat almal na die huis as Pondjie Botter verwys het, maar dat daar geen naambord op was nie. Pondjie Botter was die enigste huisie op die pad tussen Agulhas en Struisbaai en saans het die vuurtoring se lig by die kamervenster ingedraai… en ingedraai… en ingedraai… Toe Struisbaai in 1964 tot dorp geproklameer word, is die grense tussen Struisbaai en Agulhas verskuif en het Pondjie Botter nie meer in Agulhas se grense geval nie, maar in Struisbaai. In 1969 verkoop Carl Lohann die huisie teen ‘n goeie wins vir R1200. Die buitetrap het sy tol geeis. Om saans in reën en wind op en af te hardloop om na die kinders om te sien, was nie meer lekker nie. Die nuwe eienaar, Theunis Smit, sit die eerste naambord op. ‘n Stuk dryfhout word ingespan en PONDJIE BOTTER word daarop geverf. Die naam word skeef op ‘n paal vasgesit, met Pondjie skuins onder en Botter skuins na bo. In hierdie tyd, word vertel, word Pondjie Botter geadverteer as ‘n dubbelverdieping, seefront huis en daag 2 Transvaalse gesinne op met hulle sleepwaentjies vir hulle jaarlikse Desember vakansie, net om uit te vind die akkommodasie is effe aan die knap kant! Tussen 1970 en 1992 word Pondjie Botter onder andere gebruik as Haarkapper en later eiendomsagentskapkantore, maar veral as landmerk vir goeie visvangste voor die huisie en vir die bootvissermanne as baken, want GPS het nog nie bestaan nie. In 1992 word die huisie aan Henriette Fowler van Graaff Reinet verkoop en Henriette laat die badkamer bo in die slaapvertrek aanbring. Martin van der Merwe, die boutekenaar op Struisbaai, vertel dat Henriette planne vir veranderings aan Pondjie Botter laat optrek het, maar dis nooit uitgevoer nie. Sy is ten sterkste afgeraai, aangesien die dorp in opstand sou kom as enige veranderings aan hierdie landmerk gemaak sou word. Henriette was ‘n groot diereliefhebber en sy het van die wilde katte om Pondjie Botter gevang, Graaff Reinet toe gevat en mak gemaak. Haar dogter, Maya Fowler sê, haar ma het dit haar seekatte genoem. In 2012 verkoop Henriette Fowler aan die huidige eienaars, Leon en Annemarie van Wyk van Gauteng, wat in daardie selfde jaar die huis effe opgeknap met waterdigting en verfwerk. Die koop het goedgekeurde bouplanne vir die vergroting van die eiendom asook 'n nuwe motorhuis in gesluit. Om sentimentele redes besluit Leon en Annemarie egter om nie die karakter van Pondjie Botter te verander nie en die struktuur te hou soos dit vandag daar uitsien. Die enigste verandering wat wel sedertdien gemaak is, was nuwe raamlose glasvensers/-deure in die onderste en boonste vertrek wat met goedgekeurde bouplanne gedoen is. Die huis se muurkleur is bottergeel gehou - om by die eiendom se naam te pas. Die eiendom bestaan uit: 1.) 'n Onderste verdieping (omtrent 15 vierkante meter) bestaande uit 'n kombuisie, eet- en sitkamer, asook 'n slaapbank om dit snags te kan omskep in 'n 'slaapvertrek' -- 'n ware "studio"-eenheid). Dan is daar ook 'n buite-toilet met wasbak, asook 'n buitestort, buitewasbak en watertenk. 2.) 'n Boonste verdieping: slaapkamer met 2 enkelbeddens (kan saamgevoeg word as 'n koningsgrootte dubbelbed indien nodig); stort, toilet en wasbak. 'n Houttrap buite, agter die huisie, verbind die twee verdiepings. Die "tuin" - voor en agter - is natuurlike Kaapse fynbos wat geen onderhoud verg nie en dit is deel van 'n groen gordel. Daar is ook 'n 'boma'-braaiplek aan die oostekant van die huis; en geen motorhuis nie, maar wel parkeerplek agter die huisie. Huidiglik stel Annemarie en Leon Pondjie Botter beskikbaar aan mense om te kom asemskep. Die branders breek en die seemeeue raas so hard dat jy nie ‘n selfoon hoor of wifi mis nie. Kom sit onder die bome en laat jou gedagtes ver paaie loop. Hier by Pondjie Botter met al die groot, moderne huise rondom kan ‘n mens terug gryp na die verlede en die waarde van geskiedenis besef. Dan word bakstene nie net ‘n gebou nie, maar ‘n Spasie met ‘n verlede wat ‘n wonderlike deel van ‘n gemeenskap se hede en toekoms beslaan. ‘n Spasie wat gekoester en bewaar moet word vir die nageslag. Nagevors deur Sandra Oosthuizen

Address:
99 Marine Drive, Struisbaai
Availability:
DECEMBER AND JANUARY: AVAILABLE AT R1200 PER NIGHT
Price (Mid-season):
R800
Price (Low-season):
R800
Linen:
Linen supplied, bring own towels
Cleaning:
A COMPULSARY CLEANING FEE IS PAYABLE BASED ON THE SIZE OF THE HOUSE
Sleeping Arrangements:
Bedroom 1: 2 Single beds
Additional Information:
No Pets Allowed
No TV or Dish
Surroundings:
Seafront, Seaview
Floors:
1

Pondtjie Botter Features

  • Alarm
  • Bring Own Barbecue Grid
  • Braai (outside)
  • Fridge/Freezer
  • Microwave
  • Hotplate

Enquire now


    By submitting this enquiry, you consent to the collection and processing of your personal information in accordance with our Privacy Policy.

    How to Book
    Your Dream Vacation

    1. View all properties on our rentals page. You can search by property name or listing ID

    2. Send us an enquiry with the listing ID as reference.

    3. Should you prefer us to give you available options to look at, send us an email with your preferences, dates and number of people.

    Search More Properties

    Offering a wide range of short- and long term vacation rentals in the Struisbaai / Agulhas area. Helping you have a great holiday since 1999.

    View More Properties